GEORGE NUUS - Vir meeste is die nuwe jaar ‘n jolige samekoms met familie en vriende. En ‘n gewag vir die horlosie om twaalfuur te slaan waarna die nuwe jaar met ope arms en nuwe doelwitte ingevaar word.
Vir Ettienne Scheepers (37), die man van Heroldsbaai wat in Oktober sy vrou, Heidi (35) en sy twee kinders, Cozette (6) en Hugo (2) verloor het, lyk sy vooruitsigte vir 2020 mistroostig.
Veral ná onlangse gerugte en ‘n berig verlede week in ‘n Sondagkoerant oor sy vriendin, Liezel Claassen (41), wat glo met meubels en al by hom ingetrek het, wat weereens sosiale media aan die gons gehad het.
Scheepers ontken die gerugte en het die George Herald na sy huis in Oubaai genooi waar daar geen teken van ‘n vriendin óf haar meubels te siene was nie. Die huis lyk nog presies dieselfde soos tydens die koerant se besoek twee dae ná Heidi se voertuig by Voëlklip gevind is.
“Dis hartseer dat ek Rapport eers na my huis moes uitnooi ná hulle die berig oor Liezel geplaas het. Dis gebasseer op skinderstories en onwaarhede. Niks daarvan is feitlik korrek nie. Ek bly alleen in die huis. Kyk vir jouself. Ek wil in vrede rou, maar al die bespiegelings en skinderstories maak dit onmoontlik, want ek moet myself konstant teen 'n aanslag verdedig,” sê hy.
“Liezel en ek is besigheidsvennote en vriende reeds lank voor Heidi se dood. Sy bly in haar eie huis op die dorp en help my met die verhuurings wat Heidi altyd gedoen het omdat ek nie self als kan behartig nie.”
‘n Groot foto van Heidi staan op ‘n bedkassie in sy kamer en in die oop leefvertrek is groot geraamde foto’s van die kinders.
Scheepers sê hy is gedaan
“In hierdie stadium maak dit nie saak wat ek sê nie, mense sal altyd iets negatiefs te sê hê. Ek wil eintlik niks meer sê nie. Elke keer as daar oor die voorval berig of gepraat word, krap dit net als van vooraf oop. Jy kan nie glo hoe wreed mense kan wees nie,” sê hy.
Dreigemente
Kort na Scheepers se gesin uitgewis is, het hy glo boodskappe ontvang van iemand wat gesê het hy weet waar Heidi en die kinders was. Indien hy ‘n losprys sou betaal sou sy vrou en kinders veilig aan hom terugbesorg word.
“Ek het dit by die polisie aangemeld. Na verdere ondersoek is daar bewys dat dit iemand was wat uit my seer net ‘n quick buck wou maak. Daarna was daar nog soortgelyke boodskappe. Dit was alles slenters.”
Hy moes ook onder polisiebewaking sy vrou se roudiens bywoon weens doodsdreigemente wat hy ontvang het.
Dit was nie selfdood
“Heidi sou nooit selfdood pleeg nie. Sy het dit verpes. Sy sou definitief ook nie onder enige omstandigehede die kinders leed aan gedoen het nie. Die Voëlklip-pad het haar angsbevange gemaak. Sy wou nooit daar ry nie en sy sou defnitief nie alleen soontoe gegaan het nie,” het Scheepers aan die George Herald gesê.
Hy hou voet by stuk dat hy dink daar misdaad betrokke was en dat Heidi en die kinders moontlik ontvoer was.
Na bewering was daar ook ‘n ooggetuie wat iemand anders by die Caravelle gesien het die aand van die voorval.
Volgens die Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, kapt. Malcolm Pojie, duur ‘n geregtelike doodsondersoek voort na Heidi en Hugo se liggame gevind is.
Heidi en die kinders het op Dinsdag 22 Oktober vermis geraak. Haar voertuig is die volgende oggend aan die voet van ‘n krans op die Voëlklip-pad gevind. Hugo se lykie is Donderdag 24 Oktober naby die wrak gevind. Heidi se liggaam is daardie Saterdag naby Heroldsbaai gevind. Cozette se liggaam word steeds vermis.
Die oopplan leefvertrek.
'n Groot foto van Heidi staan op 'n bedkassie in Scheepers se slaapkamer.
Lees verwante artikels:
- Facebook group apologises to Scheepers
- Gedenkdiens vir ma en kinders
- Touching memorial service for mother and children
- No murder investigated at this stage
- Nooddienste staan saam
- Voëlklip tragedy: Cozette still missing
- Voëlklip tragedy: Autopsies concluded
- Scheepers family dismisses rumours
- Search for missing girl continues
- Herold's Bay: Woman's body found in ocean
- Weather could hamper search for missing mother and daughter
- Memory wall for young Hugo Scheepers
- Soektog na ma en dogter gaan voort
- Update: Child's body recovered from Voëlklip
- Search operation now a recovery operation
- Soektog na ma en kinders hervat
- Missing: Focus on Voëlklip
- Soektog na ma en kinders gaan voort
- Urgent appeal from police
- Ma en kinders steeds vermis
- Mother and children missing
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'