GEORGE NUUS - Die soektog na die vermiste Heidi Scheepers (35) en haar dogter, Cozette (6) gaan voort by Voëlklip naby George vanoggend.
Hugo Scheepers (2) se liggaam is gister, Donderdag 24 Oktober, in die see naby die area waar Scheepers se Volkswagen Caravelle by die krans afgestort het, gevind.
Oorblyfsels van die wrak van die voertuig is gisteraand laat uit die water verwyder.
Scheepers en haar twee kinders het Dinsdag (22 Oktober) spoorloos verdwyn ná hulle op die strand by Heroldsbaai was.
Haar man, Etienne, het hulle later die aand as vermis aangemeld.
Luister: Kaptein Malcolm Pojie
Lees vorige artikels:
- Update: Child's body recovered from Voëlklip
- Search operation now a recovery operation
- Soektog na ma en kinders hervat
- Missing: Focus on Voëlklip
- Soektog na ma en kinders gaan voort
- Urgent appeal from police
- Ma en kinders steeds vermis
- Mother and children missing
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'