Update
GEORGE NUUS - Die soektog na die vermiste Heidi Scheepers (35) van George en haar twee kinders is vanoggend vroeg weer in die Voëlklip-area naby Heroldsbaai hervat.
Polisie en reddingswerkers is reeds van eerste lig vanoggend in die gebied.
Gerugte op sosiale media dat drie liggame gevind is, is onwaar.
Scheepers en haar kinders is Dinsdag laas in Heroldsbaai gesien.
Haar man, Etienne, het sy gesin Dinsdagaand omstreeks 20:00 as vermis aangemeld.
Gedeeltes van 'n voertuig is gister, Woensdag 23 Oktober, aan die voet van 'n krans in die gebied opgemerk tydens die soektog.
Polisieduikers en reddingswerkers kon weens weersomstandighede tot gisteraand nog nie onder die water ingaan om verdere ondersoek in te stel nie.
Meer inligting volg soos dit bekend is.
Read this story in English:
SEARCH FOR GEORGE MOTHER AND CHILDREN RESUMES
The search for the missing Heidi Scheepers (35) of George and her 2 children resumed at Voëlklip near George this morning.
Police and emergency workers have been on the scene since first light.
Rumours on social media that 3 bodies have been found, are untrue.
Scheepers and her children were last seen on the beach at Herold’s Bay on Tuesday (22 October). Her husband, Ettienne, reported them missing at approximately 20:00 that evening.
Parts of a vehicle were found at the foot of the cliff during yesterday’s search. It is not yet confirmed that the parts are that of Scheepers’ vehicle.
Police divers and rescue workers had to halt the search last night due to unfavourable weather conditions.
This is a developing story.
Read previous articles:
- Missing: Focus on Voëlklip
- Soektog na ma en kinders gaan voort
- Urgent appeal from police
- Ma en kinders steeds vermis
- Mother and children missing
'We bring you the latest Garden Route, Karoo, Hessequa news'