GEORGE NUUS - Sowat 40 lede van verskeie nooddienste en reddingsorganisasies, asook vrywilligers van George, het verlede week saamgespan met dieselfde visie.
Om enige oorlewendes te red en die wrak van 'n VW Caravelle uit die see te herwin sonder dat enigiemand beseer word.
Lees 'n verwante artikel | Voëlklip tragedy: Cozette still missing
Dit kom ná die 35-jarige Heidi Scheepers en haar twee kinders, Hugo (2) en Cozette (6) vermoedelik Dinsdagaand, 22 Oktober in hul voertuig by 'n krans in die Voëlklip-gebied, afgestort het.
Hugo se liggaam is Donderdagoggend in die water naby die wrak gevind en Heidi se liggaam is Saterdagmiddag in die water naby Heroldsbaai gevind.
Cozette was teen druktyd nog nie gevind nie.
"Ons was reeds vroeg Woensdagoggend op die toneel ná 'n lid van die publiek die polisie gekontak het. In so 'n situasie hoop ons altyd om almal te vind, nie vir ons eie welstand nie, maar vir die van die betrokke families," sê Metro-nooddienste se reddingsbestuurder, Richard Botha.
'n Yslike herwinningsvragmotor is ingespan om die wrak uit die see te lig. Foto's: Kristy Kolberg
Verskeie spanne bestaande uit Metro-nooddienste en hul forensiese-touespan, George-brandweer, Eden-brandweer, ER24, J&B Towing, verskeie lede van die polisie, polisieduikers, NSRI en die AMS-reddingshelikopter, het altesame nie minder as 30 ure op die toneel spandeer nie. Die wrak van die voertuig is eers laat Donderdagaand herwin.
Hoewel die toneel volgens Botha uitdagend en operasioneel baie gevaarlik was, was dit 'n goeie operasie in terme van samewerking. "Al die betrokke eenhede het as een groot span saamgewerk om ons beste te gee. Ek bedank ook die inwoners van George wat hulle tyd opgeoffer het om ons by te staan."
Op 'n navraag oor die beraamde monetêre waarde van die operasie kon Botha teen druktyd nog nie 'n bedrag bevestig nie. "Ons primêre fokus is om mediese reddingswerk te doen. Hoewel dit 'n duur operasie was kon ons nog nie 'n kosteberaming doen nie."
Richard Botha, Metro-nooddienste reddingsbestuurder (middel), saam met twee reddingstegnikuste wat Woensdag en Donderdag op die toneel in die Voëlklip-area was. Links is Basil Mavukwana en regs is Paulus Veldkornet.
IN SHORT: About 40 members of various emergency services and rescue organisations spent no less than 30 hours on the scene at Voëlklip last week. This came after 35-year-old Heidi Scheepers and her two children, Hugo (2) and Cozette (6), are believed to have crashed their vehicle down a cliff in the Voëlklip area on the evening of Tuesday 22 October. Hugo's body was found in the water near the wreck on Thursday morning, 24 October, and Heidi's body was found in the water near Herold's Bay the following Saturday afternoon. Cozette has not been found. "We were on the scene early on Wednesday morning after a member of the public contacted the police," said Metro Emergency Services rescue manager, Richard Botha. "In a situation like this, we always hope to find everyone, not for our own well-being, but for the families involved."
'We bring you the latest George, Garden Route news'