Gallery Update
GEORGE NUUS - Ons onthou en ons koester. Ons sal julle nooit vergeet nie. Ons verlang en ons hoop. Ons weet ons sal julle weer sien. Só lees die boodskap voor op die begrafnisbrief van Heidi Scheepers (35) en haar twee kinders, Hugo (2) en Cozette (6).
Heidi en haar twee kinders is Saterdag 9 November tydens 'n emosionele gedenkdiens by Eden-gemeente finaal deur familie en vriende gegroet. Dié seremonie om hul lewens te herdenk was roerend en hartverskeurend.
Die jong ma en haar kinders is op Dinsdag 22 Oktober deur haar man, Ettienne (36) as vermis aangemeld na hulle nie daardie aand huis toe gekom het nie.
Die volgende dag is die voertuig, 'n VW Caravelle, waarin Heidi en die kinders ten tyde van hulle verdwyning gery het, in die see aan die voet van 'n kloof in die Voëlklip-area gevind.
Heidi en Hugo se liggame is intussen uit die see gehaal, maar daar is tot vandag toe nog geen teken van Cozette nie.
Die polisie se aktiewe soektog na Cozette is ook afgelas, maar hulle vra die publiek om steeds waaksaam te wees wanneer hulle langs die kus beweeg.
'n Foto van klein Hugo langs sy kis.
Ettienne Scheepers lê 'n roos en vere by sy vrou, Heidi, se kis neer tydens die gedenkdiens. Foto's: Kristy Kolberg
Lees vorige artikels:
- Touching memorial service for mother and children
- No murder investigated at this stage
- Nooddienste staan saam
- Voëlklip tragedy: Cozette still missing
- Voëlklip tragedy: Autopsies concluded
- Scheepers family dismisses rumours
- Search for missing girl continues
- Herold's Bay: Woman's body found in ocean
- Weather could hamper search for missing mother and daughter
- Memory wall for young Hugo Scheepers
- Soektog na ma en dogter gaan voort
- Update: Child's body recovered from Voëlklip
- Search operation now a recovery operation
- Soektog na ma en kinders hervat
- Missing: Focus on Voëlklip
- Soektog na ma en kinders gaan voort
- Urgent appeal from police
- Ma en kinders steeds vermis
- Mother and children missing
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'