Update
GEORGE NUUS - Gemeenskapslede van Blanco is geskok na die saak teen die 67-jarige plaaseienaar van Blanco en nog 'n man van die area (38), voorlopig in die Thembalethu-streekhof deur die staat teruggetrek is.
Hulle was van onderskeidelik mensehandel, poging tot seksuele aanranding en verkragting aangekla na 'n beweerde voorval in Junie 2017. Die hof het Donderdag 4 Oktober gehoor dat daar nuwe inligting met betrekking tot selfoonrekords aan die lig gekom het.
Die staat het dus versoek dat die ondersoek hervat moet word om albei mans se selfoonrekords volledig te ontleed waarna die saak moontlik weer op die hofrol geplaas kan word.
Die George Herald het ook betroubaar verneem dat die klaagster en jonger verdagte moontlik saamgesweer het om die plaaseienaar af te pers.
Die mans is verlede jaar deur lede van die gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe-eenheid (GKS) in hegtenis geneem nadat die klaagster, 'n tienermeisie 'n klag by die polisie ingedien het.
Die polisie het tydens 'n ondersoek kort na hul inhegtenisname op seksspeelgoed, smeermiddels, seksuele stimulante, 'n boks met vroue-onderklere en nie minder as 10 selfone, wat in staalkabinette in die plaaseienaar se kantoor langs sy huis gevind is, beslag gelê.
Die ander man was van mensehandel en verkragting aangekla.
Na byna 80 dae in aanhouding is albei in September verlede jaar borgtog toegestaan.
Daan Dercksen van Dercksens Inc. in Knysna het namens die plaaseienaar verskyn en Chanelle Bastian vir die staat. Die saak het voor streeklanddros Eugenia Jacobs gedien.
Navraag is aan die nasionale vervolgingsgesag gestuur, maar teen druktyd is geen kommentaar ontvang nie.
Lees vorige artikels:
- Saak teen plaaseienaar teruggetrek
- Plaaseienaar verskyn in streekhof
- Plaaseienaar se saak na streekhof in Mei
- Plaaseienaar se saak na streekhof
- Plaaseienaar se saak na streekhof
- Nuwe bewyse in saak teen plaaseienaar
- Opvolg: Verdagte vas vir diefstal
- Verkragting-verdagte vas vir diefstal
- Onduidelikheid oor borgvoorwaardes
- Borgtog na meer as 70 dae in aanhouding
- Seksspeelgoed en stimulante in huis gevind
- Plaaseienaar steeds in aanhouding
- Opvolg: Seksdade met meisie
- 2 Vas na seksdade met tienermeisie
‘Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus’