GEORGE NUUS - Die bekende plaaseienaar van die Blanco-area wat van mensehandel en poging tot seksuele aanranding aangekla word, het Dinsdag 27 Februarie in die plaaslike hof verskyn.
Die saak is tot Dinsdag 20 Maart uitgestel wanneer daar op 'n streekhofdatum besluit sal word.
Die saak is in Januarie vanjaar uitgestel toe nuwe bewyse, wat nog meisies betrek, gevind is.
Die polisie het tydens 'n soektog by die plaaseienaar se huis in Junie 2017 seksspeelgoed, smeermiddels, seksuele stimulante, 'n boks met vroue onderklere en nie minder as 10 selfone gevind.
Die selfone is weggestuur vir ontleding waar SMS-boodskappe, wat aandui dat daar nog meisies betrokke was, gevind is.
Die beskuldigde en nog 'n man, ook van Blanco, is verlede jaar deur lede van die gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe-eenheid (GKS) in hegtenis geneem nadat 'n tienermeisie 'n klag by die polisie ingedien het.
Na byna 80 dae in aanhouding is albei in September borgtog toegestaan.
* The farm owner from the Blanco area who is charged with human trafficking and attempted sexual assault appeared in the Magistrate's Court on Tuesday 27 February. The case was postponed until Tuesday 20 March when a regional court date will be set.
Lees vorige artikels:
- Plaaseienaar se saak na streekhof
- Nuwe bewyse in saak teen plaaseienaar
- Opvolg: Verdagte vas vir diefstal
- Verkragting-verdagte vas vir diefstal
- Onduidelikheid oor borgvoorwaardes
- Borgtog na meer as 70 dae in aanhouding
- Seksspeelgoed en stimulante in huis gevind
- Plaaseienaar steeds in aanhouding
- Opvolg: Seksdade met meisie
- 2 Vas na seksdade met tienermeisie
‘Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus’