Update
GEORGE NUUS - Die borgtogaansoek van die twee mans van die Blanco-area wat onderskeidelik van verkragting, mensehandel en poging tot seksuele aanranding van 'n minderjarige meisie verdink word, is vandag (7 September) in die George-landdroshof afgehandel.
Hulle was langer as 70 dae in aanhouding.
Die 67-jarige beskuldigde, ‘n bekende plaaseienaar van die omgewing, wat klagtes van poging tot seksuele aanranding en mensehandel in die gesig staar, is borgtog van R5 000 opgelê. Hy mag onder geen omstandighede met die getuies of klaagster kommunikeer nie en mag nie van ‘n selfoon gebruik maak nie.
Die ander beskuldigde (37), word van verkragting en mensehandel aangekla. Borgtog van R2 000 is aan hom toegestaan. Hy mag ook onder geen omstandighede met die getuies of klaagster kommunikeer nie en moet by ‘n alternatiewe adres woon.
Hy is by ‘n maatskappy in Blanco werksaam en mag dié area net binnekom mits dit vir werkdoeleindes is. Verder moet hy ook drie dae van die week (Maandae, Woensdae en Vrydae) aan die Thembalethu-polisie rapporteer.
Die saak is tot 6 Oktober vir verdere ondersoek uitgestel.
Lees vorige artikels:
• Seksspeelgoed en stimulante in huis gevind
• Plaaseienaar steeds in aanhouding
• Opvolg: Seksdade met meisie
• 2 Vas na seksdade met tienermeisie
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'