GEORGE NUUS - Hibernia Primêr se 2026-pretloop het vir leerders ’n dag van pret, opwinding en groot glimlagte gebied. Die leerders het met groot entoesiasme deelgeneem en volgens die skool was die geesdrif aansteeklik.
Daantjie Kat en die verkeersdepartement het die leerders tydens die roete begelei en gehelp om hul veiligheid te verseker.
Die skool het ook sy waardering uitgespreek teenoor die mense langs die roete wat die leerders aangemoedig en met glimlagte ondersteun het.
Hibernia-pretloop skop af. Foto: Verskaf
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’