Update
GEORGE NUUS - Die bekende plaaseienaar van die Blanco-area wat van mensehandel en seksuele aanranding aangekla word, het Maandag 29 Januarie vlugtig in die George-landdroshof verskyn.
Die saak is tot Dinsdag 27 Februarie uitgestel vir verdere ondersoek ná nuwe bewyse bekom is.
Die polisie het tydens 'n ondersoek in Junie 2017 op seksspeelgoed, smeermiddels, seksuele stimulante, 'n boks met vroue onderklere en nie minder as 10 selfone, wat in sy huis gevind is, beslag gelê.
Die selfone is weggestuur vir ontleding waar SMS-boodskappe, wat aandui dat daar nog meisies betrokke was, gevind is.
Die beskuldigde en 'n 37-jarige man, ook van Blanco, is verlede jaar deur lede van die gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe-eenheid (GKS) in hegtenis geneem nadat 'n tienermeisie 'n klag by die polisie ingedien het.
Na byna 80 dae in aanhouding is albei in September borgtog toegestaan.
Die 37-jarige man is kort daarna, in November, wéér in hegtenis geneem vir diefstal. Hy is steeds in aanhouding.
Die plaaseienaar is vrygelaat op borgtog van R5 000.
* The well-known farm owner from the Blanco area who is charged with human trafficking and sexual assault appeared briefly in the George Magistrate's Court on Monday 29 January. The case was postponed until Tuesday 27 February for further investigation after new evidence was obtained from mobile phones that had been sent for analysis. During his arrest in June 2017, the police seized no less than 10 mobile phones. The analysis brought SMS messages to light that indicating that more girls were involved.
Lees vorige artikels:
- Opvolg: Verdagte vas vir diefstal
- Verkragting-verdagte vas vir diefstal
- Onduidelikheid oor borgvoorwaardes
- Borgtog na meer as 70 dae in aanhouding
- Seksspeelgoed en stimulante in huis gevind
- Plaaseienaar steeds in aanhouding
- Opvolg: Seksdade met meisie
- 2 Vas na seksdade met tienermeisie
ARTIKEL: KRISTY KOLBERG, GEORGE HERALD JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'