Update
GEORGE NUUS - Die 37-jarige man van Blanco wat reeds van verkragting en mensehandel verdink word het vandag, 12 Januarie, in die George-landdroshof op 'n klag van diefstal verskyn.
Hy is in Desember 2017 weer in hegtenis geneem ná hy in September borgtog gekry het.
Die verdagte, met 'n reeks vorige veroordelings, het na bewering vleis ter waarde van R3 000 by 'n winkel in Blanco gesteel.
Na wat beweer word is die verdagte by sy ouerhuis in Blanco in hegtenis geneem.
Volgens sy borgtogvoorwaardes mag hy slegs dié area vir werksdoeleindes betree.
Die George Herald het intussen vertroulik verneem dat die verdagte nie by 'n maatskappy in Blanco aangestel is, soos wat hy aan die hof gesê het, nie.
Die saak is uitgestel tot 17 Januarie vir 'n formele borgaansoek. Die verdagte bly in aanhouding.
Vorige klagte
Hy en 'n plaaseienaar van dié omgewing, is in Junie deur die gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe-eenheid (GKS) in hegtenis geneem nadat 'n tienermeisie (15) van Blanco 'n klag by die polisie ingedien het.
Hulle staar onderskeidelik klagtes van verkragting, mensehandel en poging tot seksuele aanranding in die gesig. Albei verskyn weer op 29 Januarie vir dié saak.
Lees vorige artikels:
- Verkragting-verdagte vas vir diefstal
- Onduidelikheid oor borgvoorwaardes
- Borgtog na meer as 70 dae in aanhouding
- Seksspeelgoed en stimulante in huis gevind
- Plaaseienaar steeds in aanhouding
- Opvolg: Seksdade met meisie
- 2 Vas na seksdade met tienermeisie
ARTIKEL: KRISTY KOLBERG, GEORGE HERALD JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'