Update
GEORGE NUUS - Die bekende plaaseienaar van die Blanco-area wat van mensehandel en seksuele aanranding aangekla word, het gister, Dinsdag 27 Februarie weer in die plaaslike hof verskyn.
Die saak is tot Dinsdag 20 Maart uitgestel wanneer daar op ‘n streekhofdatum besluit sal word.
Die polisie het tydens 'n deursoeking van die beskuldigde se huis in Junie 2017 seksspeelgoed, smeermiddels, seksuele stimulante, 'n boks met vroue onderklere en meer as 10 selfone gevind.
Die plaaseienaar en nog ‘n man, ook van Blanco, is verlede jaar deur lede van die gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe-eenheid (GKS) in hegtenis geneem nadat 'n tienermeisie 'n klag by die polisie ingedien het.
Na byna 80 dae in aanhouding is albei in September 2017 op borgtog vrygelaat.
Lees vorige artikels:
- Nuwe bewyse in saak teen plaaseienaar
- Opvolg: Verdagte vas vir diefstal
- Verkragting-verdagte vas vir diefstal
- Onduidelikheid oor borgvoorwaardes
- Borgtog na meer as 70 dae in aanhouding
- Seksspeelgoed en stimulante in huis gevind
- Plaaseienaar steeds in aanhouding
- Opvolg: Seksdade met meisie
- 2 Vas na seksdade met tienermeisie
‘Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus’