Update
GEORGE NUUS - In ‘n dramatiese wending in die Thembalethu-streekhof vandag is die saak teen die plaaseienaar (67) en nog 'n man van Blanco (38), wat onderskeidelik vir mensehandel, poging tot seksuele aanranding en verkragting aangekla was, voorlopig deur die staat teruggetrek.
Nuwe inligting met betrekking tot selfoonrekords en het aan die lig gekom.
Die George Herald het ook betroubaar verneem dat die klaagster in die saak en die 38-jarige man moontlik saamgesweer het teen die ander man.
Die staat het dus versoek dat die ondersoek hervat moet word waarna die saak moontlik weer op die rol geplaas kan word.
Die mans, waarvan een 'n bekende plaaseienaar van die Blanco-omgewing, is verlede jaar deur lede van die gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe-eenheid (GKS) in hegtenis geneem nadat 'n tienermeisie 'n klag by die polisie ingedien het.
Die polisie het tydens 'n ondersoek in Junie 2017 op seksspeelgoed, smeermiddels, seksuele stimulante, 'n boks met vroue-onderklere en nie minder as 10 selfone, wat in staalkabinette in sy kantoor langs die huis gevind is, beslag gelê.
Die ander man was van mensehandel en verkragting aangekla.
Daan Dercksen van Dercksens Inc. in Knysna het namens die plaaseienaar verskyn.
Lees vorige artikels:
- Plaaseienaar verskyn in streekhof
- Plaaseienaar se saak na streekhof in Mei
- Plaaseienaar se saak na streekhof
- Plaaseienaar se saak na streekhof
- Nuwe bewyse in saak teen plaaseienaar
- Opvolg: Verdagte vas vir diefstal
- Verkragting-verdagte vas vir diefstal
- Onduidelikheid oor borgvoorwaardes
- Borgtog na meer as 70 dae in aanhouding
- Seksspeelgoed en stimulante in huis gevind
- Plaaseienaar steeds in aanhouding
- Opvolg: Seksdade met meisie
- 2 Vas na seksdade met tienermeisie
‘Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus’