Update
GEORGE NUUS - Die saak teen die plaaseienaar van Blanco wat van mensehandel en poging tot seksuele aanranding aangekla word, sal op 4 Mei in die Thembalethu-streekhof voortgesit word.
Die beskuldigde en nog 'n man, ook van Blanco, is verlede jaar deur lede van die gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe-eenheid (GKS) in hegtenis geneem nadat 'n tienermeisie 'n klag by die polisie ingedien het.
Die polisie het tydens 'n ondersoek in Junie 2017 op seksspeelgoed, smeermiddels, seksuele stimulante, 'n boks met vroue-onderklere en nie minder as 10 selfone, wat in sy huis gevind is, beslag gelê.
Die selfone is weggestuur vir ontleding waar SMS-boodskappe, wat aandui dat daar nog meisies betrokke was, gevind is.
Na byna 80 dae in aanhouding is albei in September borgtog toegestaan.
Lees vorige artikels:
- Plaaseienaar se saak na streekhof
- Plaaseienaar se saak na streekhof
- Nuwe bewyse in saak teen plaaseienaar
- Opvolg: Verdagte vas vir diefstal
- Verkragting-verdagte vas vir diefstal
- Onduidelikheid oor borgvoorwaardes
- Borgtog na meer as 70 dae in aanhouding
- Seksspeelgoed en stimulante in huis gevind
- Plaaseienaar steeds in aanhouding
- Opvolg: Seksdade met meisie
- 2 Vas na seksdade met tienermeisie
‘Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus’