Update
GEORGE NUUS - Die plaaseienaar (67) en nog 'n man van Blanco (37) wat onderskeidelik vir mensehandel, poging tot seksuele aanranding en verkragting aangekla word, het Vrydag 4 Mei vlugtig in die Thembalethu-streekhof verskyn.
Die verdagtes, waarvan een 'n bekende plaaseienaar van die Blanco-omgewing, is verlede jaar deur lede van die gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe-eenheid (GKS) in hegtenis geneem nadat 'n tienermeisie 'n klag by die polisie ingedien het.
Die polisie het tydens 'n ondersoek in Junie 2017 op seksspeelgoed, smeermiddels, seksuele stimulante, 'n boks met vroue-onderklere en nie minder as 10 selfone, wat in sy huis gevind is, beslag gelê.
Die saak is uitgestel omdat die staat blykbaar steeds wag vir selfoonrekords wat reeds in November 2017 aangevra is. Die plaaseienaar (67) staar klagtes van mensehandel en poging tot seksuele aanranding in die gesig.
Die ander verdagte (38) word van mensehandel en verkragting aangekla.
Albei verdagtes is in September verlede jaar op borgtogvrygelaat. Die saak is tot 8 Junie uitgestel.
*The farm owner (67) and another man from Blanco (37) who are charged with human trafficking, attempted sexual assault and rape, appeared in the Thembalethu Regional Court on Friday 4 May. The suspects were arrested last year after a teenage girl filed a complaint with the police. The case was postponed to 8 June because the state is still waiting for cellphone records that were apparently already requested in November 2017.
Lees vorige artikels:
- Plaaseienaar se saak na streekhof in Mei
- Plaaseienaar se saak na streekhof
- Plaaseienaar se saak na streekhof
- Nuwe bewyse in saak teen plaaseienaar
- Opvolg: Verdagte vas vir diefstal
- Verkragting-verdagte vas vir diefstal
- Onduidelikheid oor borgvoorwaardes
- Borgtog na meer as 70 dae in aanhouding
- Seksspeelgoed en stimulante in huis gevind
- Plaaseienaar steeds in aanhouding
- Opvolg: Seksdade met meisie
- 2 Vas na seksdade met tienermeisie
‘Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus’