Update
GEORGE NUUS - Die ma van die 30-jarige Andresia Alaart, wat in 2022 na bewering aan die hande van haar kêrel, Warren Appels (50), dood is, voel ’n gepaste vonnis sal niks minder as 20 jaar tronkstraf wees nie.
“Haar jongste kind gaan volgende jaar gr. RR toe. Wie moet haar nou aan die hand vat? Haar ma is nie meer daar nie, nou moet iemand anders haar vat.
“Hoekom apologise hy nie? Hy wys geen berou nie. Maar God ken die waarheid. Hy het ’n lewe gevat en my kleinkind word sonder ’n ma groot. My dogter het ten minste gewerk en ’n inkomste verdien,” het Alaart ná die vonnisverrigtinge aan George Herald gesê.
Alaart voel dat geslagsmisdaad die swaarste vonnis moet dra. “Die sisteem gaan my kind faal as hulle net vir hom vyf of 10 jaar gee. Dis mos nie ’n straf vir iemand wat my kind doodgemaak het nie?”
Appels (50) staan tereg op aanklag van manslag nadat hy na bewering in Maart 2022 Alaart se dood veroorsaak het.
Hy het Vrydag 18 September in die George-streekhof voorgekom. Die staat en die verdediging het hul onderskeie sake gesluit, waarna die saak tot Maandag 28 September vir vonnisoplegging uitgestel is.
Alaart se liggaam is op ’n matras in die leefarea van Appels se ouerhuis in Llamastraat, Delvillepark, gevind. Appels is op die toneel in hegtenis geneem.
’n Nadoodse ondersoek het bevestig dat Alaart se dood deur houe met ’n stomp voorwerp teen haar kop veroorsaak is.
Vorige artikels:
- Man getuig in George-streekhof oor vriendin se noodlottige beserings in 2022
- Delvillepark-moord: Saak ná vier jaar byna afgehandel
- Delvillepark-moord: saak gaan in Junie voort
- Delvillepark-moordverhoor begin eersdaags
- Delvillepark-moord: Borgtog geweier
- Hoe beslis vandag oor borgtog in moordsaak
- Aansoek vir borgtog weer uitgestel
- Moordbeskuldige se borgtogaansoek weer uitgestel
- Borgtogaansoek vir moordverdagte môre
- Borgtogaansoek van Delvillepark-moordverdagte uitgestel na volgende week
- Moordverdagte môre in hof
- Kêrel verskyn in hof vir vriendin se moord
- Man (64) vas vir vriendin se moord
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’