Update
GEORGE NUUS - Die hofsaak van Warren Appels (46), die man wat daarvan aangekla word dat hy sy vriendin, Andresia Alaart (30) vermoor het, is uitgestel na môre, 8 April, vir 'n formele borgtogaansoek.
Appels het Vrydag 1 April in die George-landdroshof verskyn ná hy Saterdag 26 Maart op die toneel in hegtenis geneem is.
Clayton Samson van Jansen en Samson-prokureurs is deur Appels se familie aangestel om hom te verteenwoordig.
Volgens kapt. Malcolm Pojie, die Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, is die polisie omstreeks 07:00 die Saterdagoggend deur die verdagte na die toneel ontbied.
Met hul aankoms is die oorledene se liggaam met veelvuldige beserings aan haar gesig en liggaam op 'n matras in die leefarea in Appels se ouerhuis in Llamastraat, Delvillepark, gevind. Sy is vermoedelik verskeie kere geslaan.
Daar is ook bloed in die gang en tweede slaapkamer van die huis gevind.
'n Roudiens is verlede Saterdag by die AGS kerk in Pacaltsdorp gehou. Sy laat haar ouers, Christa en Enrico, haar broers, Joshua en Clint, haar 13 maande oue baba, Hope, en 15-jarige seun Jade, agter.
Vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'