GEORGE NUUS - 'n Moorddossier is vanoggend deur die Pacaltsdorp-polisie geopen nadat die liggaam van 'n vrou (30) in 'n huis in Llamastraat, Delvillepark gevind is.
Die oorledene se kêrel (46) is op die toneel in hegtenis geneem.
Volgens kapt. Malcolm Pojie, die Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, is die polisie na 07:00 vanoggend deur die verdagte na die toneel ontbied. Met hul aankoms is die oorledene se liggaam in die leefarea gevind met veelvuldige beserings aan haar gesig en liggaam.
'n Lykskouing sal binnekort gehou word om die presiese oorsaak van die vrou se dood te bepaal.
Die verdagte sal waarskynlik vroeg volgende week in die hof verskyn.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'