Update
GEORGE NUUS - Die man, Warren Appels (46), wat verlede naweek vir die moord van sy vriendin, Andresia Kristy Alaart (30) in hegtenis geneem is, het Maandag 28 Maart in die George-landdroshof verskyn.
Die saak is uitgestel tot Vrydag 1 April vir 'n borgtogaansoek.
Die voorval het in Appels se ouerhuis in Llamastraat, Delvillepark plaasgevind.
Volgens kapt. Malcolm Pojie, die Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, is die polisie na 07:00 Saterdagoggend deur die verdagte na die toneel ontbied. Met hul aankoms is die oorledene se liggaam met veelvuldige beserings aan haar gesig en liggaam op 'n matras in die leefarea gevind.
Sy is vermoedelik verskeie kere geslaan. Daar is ook bloed in die gang en tweede slaapkamer van die huis gevind.
Die presiese oorsaak van Alaart se dood sou vandeesweek deur 'n lykskouing bepaal word.
Verwante artikel: Man (64) vas vir vriendin se moord
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'