Update
GEORGE NUUS - Die man wat daarvan beskuldig word dat hy sy vriendin, Andresia Alaart (30) in Maart 2022 vermoor het, het op Woensdag 24 Januarie in die George-streekhof verskyn waar sy verhoor vir 3 tot 5 Junie geskeduleer is.
Warren Appels (48) is Saterdag 26 Maart 2022 op die toneel in Llamastraat, Delvillepark, in hegtenis geneem ná die polisie omstreeks 07:00 ontbied is.
Die oorledene se liggaam is met veelvuldige beserings aan haar gesig en liggaam op 'n matras in die leefarea in Appels se ouerhuis gevind.
Die nadoodse ondersoek het bevestig dat haar dood veroorsaak is deur houe met 'n stomp voorwerp teen haar kop.
Benewens die bloed in die leefarea, is daar ook bloed in die gang en in 'n slaapkamer gevind. Appels is borgtog geweier.
Vorige artikels:
- Delvillepark-moordverhoor begin eersdaags
- Delvillepark-moord: Borgtog geweier
- Hoe beslis vandag oor borgtog in moordsaak
- Aansoek vir borgtog weer uitgestel
- Moordbeskuldige se borgtogaansoek weer uitgestel
- Borgtogaansoek vir moordverdagte môre
- Borgtogaansoek van Delvillepark-moordverdagte uitgestel na volgende week
- Moordverdagte môre in hof
- Kêrel verskyn in hof vir vriendin se moord
- Man (64) vas vir vriendin se moord
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’