Update
GEORGE NUUS - Die man wat daarvan beskuldig word dat hy sy vriendin, Andresia Alaart (30) in Maart vanjaar vermoor het, het Dinsdag 1 November vir pleitonderhandelinge in die George-landdroshof verskyn.
Die saak is uitgestel tot Donderdag 17 November wanneer die voorverhoor begin.
Warren Appels (46) is Saterdag 26 Maart op die toneel in Llamastraat, Delvillepark, in hegtenis geneem ná die polisie omstreeks 07:00 ontbied is.
Die oorledene se liggaam is met veel-vuldige beserings aan haar gesig en liggaam op 'n matras in die leefarea in Appels se ouerhuis gevind. Die nadoodse ondersoek het bevestig dat haar dood veroorsaak is deur houe met 'n stomp voorwerp teen haar kop.
Benewens die bloed in die leefarea, is daar ook bloed in die gang en in 'n slaapkamer gevind. Appels is borgtog geweier.
Hy het geen hangende sake teen hom nie, maar wel agt vorige veroordelings vir dronkbestuur.
Die saak dien voor landdros Denise Oberholzer en Hankie Marx tree namens die staat op. Clayton Samson van Samson en Winston-prokureurs, verteenwoordig die beskuldigde.
Vorige artikels:
- Delvillepark-moord: Borgtog geweier
- Hoe beslis vandag oor borgtog in moordsaak
- Aansoek vir borgtog weer uitgestel
- Moordbeskuldige se borgtogaansoek weer uitgestel
- Borgtogaansoek vir moordverdagte môre
- Borgtogaansoek van Delvillepark-moordverdagte uitgestel na volgende week
- Moordverdagte môre in hof
- Kêrel verskyn in hof vir vriendin se moord
- Man (64) vas vir vriendin se moord
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'