Update
GEORGE NUUS - Plakkers van Moeggehuur in New Dawn Park het rede om fees te vier. Regter Lee Bozalek van die Kaapse hooggeregshof was nie bereid om die grondeienaars - die provinsiale departemente van onderwys, vervoer en openbare werke - se aansoek om 'n uitsettingsbevel toe te staan nie. Die aansoek is onbepaald uitgestel.
Die plakkers het in Februarie vanjaar onwettig grond langs New Dawn Park Primêr beset.
Die provinsiale owerhede se aansoek is verlede Donderdag in Kaapstad aangehoor. Stephan Kleynhans, 'n plaaslike prokureur, het namens die plakkers verskyn. Kleynhans is verheug oor die uitspraak. "Ek het vir die tweede keer in my lewe regsgeskiedenis gemaak," het hy gesê.
Die hofbevel vereis dat George-munisipaliteit 'n betekenisvolle vergadering met die grondbesetters moet hou en teen 30 September aan die regter terugvoering gee. "Dan sal die regter besluit of hy tevrede is en of daar behoorlik besprekings gehou is om 'n oplossing te vind," het Kleynhans gesê.
"Verder vereis die hof dat die aansoekers in gesprek moet tree met die nasionale en provinsiale ministers van menslike nedersettings met die oogmerk om 'n blywende oplossing vir die saak te vind, en hiermee verwys hy na grond. Hy wil teen 30 November terugvoer hê oor watter 'blywende oplossing' gevind is."
Die partye word ook versoek om die opsie om die saak na die George-kringhof oor te plaas, te bespreek.
Volgens Kleynhans was die regter glad nie beïndruk met die George-munisipaliteit se verslae nie. "Hulle verslae dui daarop dat hulle nie geld het om huise te bou nie. Die regter sê hulle mis die punt. Die mense soek grond. Die regter wil niks anders hoor as dat hierdie mense gaan grond kry nie. Hy het voortdurend gesê hy gaan nie 'n bevel uitreik wat mense haweloos laat nie."
"Die regter het die konstitusionele hof aangehaal wat vereis dat geen persoon op straat geplaas mag word indien hulle nie alternatiewe verblyf het nie."
Lees vorige artikels hier:
- Update: Protest for housing
- Verwarring oor optog veroorsaak oponthoud
- Moeës hou optog
- Beplande optog vir vandag, Vrydag 30 Augustus
- Moeës kan rustig plak
- Drie toilette vir plakkers se nood
- Moeggehuur brand vullis oor toiletsake
- Opvolg: Raad soek nou grond vir toilette
- Moeggehuur brand vullis oor toiletsake
- Opvolg: Inwoners met emmers riool vra toilette
- Inwoners met emmers riool vra toilette
- Spoeltoilette vir moeës
- Moeës kan nog ploeg terwyl hulle wag vir Landdros
- Minister vra naamlys
- Plakkers opponeer uitsettingsbevel
- Moeggeploegers staan uitsetting teen
- Nog protesaksie in Proteastraat
- Update: Protests in George
- Grondbesetters bid vir hulp van Bo
- Onderwysers het nié gevlug
- New Dawn Park nou rustig
- Bande brand weer in Proteastraat
- Seaview vat blaaskans na protesaksie vanoggend
- Illegal squatters block Beach Road
- Tyres set alight in Pacaltsdorp
- Polisie onttrek van toneel in Bluegumstraat
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'