Update
GEORGE NUUS - Die polisie se eenheid vir openbare orde (Pops) patrolleer tans die area in Seaview waar daar vroeër vandag tydens ‘n protesaksie in Beachweg en Rosestraat motorbande gebrand is.
Dit wil egter voorkom of die buurt tans rustig is na al die aksie van vanoggend. Heinie Fredericks, een van die betogers, het gesê dit was ‘n uitputtende oggend.
“Ons is baie, baie moeg, ons voete is seer. Ons is van 04:00 vanoggend op en het afgestap vanaf Hypersave in Proteaweg, waarna ons Moeggehuur se mense in Missionstraat gekry het.”
Die groep het van 05:00 vanoggend by Edenpark se robotte betoog tot ongeveer 10:00. Die groep het daarna terugbeweeg na Pacaltsdorp-polisiestasie en vandaar na New Dawn Park en Seaview verdaag.
Volgens inligting is twee mense gister, en twee vandag, in hegtenis geneem vir publieke geweld. Die twee wat gister in hegtenis geneem is kom blykbaar môre voor in die George-landdroshof, terwyl die ander twee Vrydag in die hof verskyn.
Lees vorige artikels hier:
- Illegal squatters block Beach Road
- Tyres set alight in Pacaltsdorp
- Polisie onttrek van toneel in Bluegumstraat
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'