Update Video
GEORGE NUUS EN VIDEOS - Plakkers van Moeggeploeg in Seaview en Moeggehuur in New Dawn Park is stadigaan oppad na die kruising by Rosedale vir hul optog ter bewusmaking van agterplaasbewoners se lot.
Hulle word vergesel deur polisie.
Die groepie stap in Beach Road in die rigting van die dorp.
Joanie Visagie-Jantjies, 'n ondersteuner van die groep agterplaasplaasbewoners wat vanoggend aan die nasionale protesaksie deelneem, probeer uitvind wanneer die res van die gemeenskap in Rosedale by die groep van Pacaltsdorp gaan aansluit.
Kyk 'n video hieronder:
Foto: Salette Cloete
Pacaltsdorp se ondersteunersgroep is aan die beweeg in Beach Road. Hulle talm so effe by Rosedale se ingang vir die res van Rosedale wat by hulle gaan aansluit. Foto: Michelle Pienaar
Agterplaasbewoners van Lawaaikamp en Parkdene het bymekaar gekom by Conville-gemeenskapsaal om te stap vir hul reg om huise te kry! Die groep wag steeds vir lede van Thembalethu. Foto: Michelle Pienaar
Kyk 'n video hieronder:
Lees 'n vorige aritkel: Beplande optog vir vandag, Vrydag 30 Augustus
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'