Update
GEORGE NUUS - Die reeds gevonniste tandarts, Ian Venter, verskyn Donderdag in die Thembalethu-streekhof op aanklag van minagting van die hof. Hy is in Mei 2017 by sy praktyk in die middedorp in hegtenis geneem nadat dit aan die lig gekom het dat hy steeds kinderpasiënte behandel het.
Hy is in November 2014 gevonnis nadat hy skuldig bevind is op 'n seksklag waarby 'n minderjarige seun, toe 15 jaar oud, betrokke was. Streeklanddros Eugenia Jacobs het toe gelas dat Venter se naam in die nasionale register vir seksoortreders opgeneem word en hy daarom nie met kinders, of in die omgewing van kinders, mag werk nie.
Venter het destyds getuig dat hy verbaas en geskok was toe die polisie hom in hegtenis geneem het. Hy het aangevoer dat hy nie geweet het hy nie met kinders mag werk nie.
Hy het gesê na sy vonnis in 2014 het hy nie kinders behandel nie, maar na vier maande het sy prokureur hom ingelig dat hy wel kinders in die teenwoordigheid van hul ouers mag behandel.
Lees vorige artikels hier:
- Tandarts kry drie jaar tronkstraf
- Ian Venter se appélaansoek geweier
- Tandarts Ian Venter kry tronkstraf
- Venter moontlik Donderdag gevonnis
- Vonnisdag vir tandarts kom nader
- Nóg 'n uitstel in tandarts-saak
- Venter-vonnis gaan volgende jaar voort
- Tandarts se vonnis wéér uitgestel
- Ian Venter: Vonnisverrigtinge uitgestel
- Dr Ian Venter: Vonnisoplegging begin
- Streekhofdatum vir tandarts Ian Venter
- Tandarts na streekhof vir minagting
- Tandarts se lot in April bepaal
- Dentist case progression like pulling teeth
- Venter-saak: Uitspraakdatum in 2018 vasgestel
- Opvolg: Ian Venter-saak
- Saak teen Ian Venter uitgestel
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'