Update
GEORGE NUUS - Die saak teen plaaslike tandarts, Ian Venter, is vir die soveelste keer in die George-streekhof uitgestel.
Venter sou vandag, Maandag 14 Januarie, verskyn het sodat sy vonnisoplegging gefinaliseer kan word, maar die staat se maatskaplike werker kon weens siekte weer nie verrigtinge bywoon om haar getuienis te voltooi nie.
Daar word ook nog gewag vir 'n uitstaande verslag wat handel oor die kinders se welsyn sou hul pa direkte tronkstraf ontvang.
Dié verslag is reeds in Oktober 2017 aangevra. Die saak is tot 18 Februarie uitgestel met 28 Februarie as 'n buffer indien verrigtinge nie gefinaliseer word nie.
Vonnisoplegging duur al sedert 11 April 2018 toe Venter skuldig bevind is op aanklag van seksuele aanranding van 'n minderjarige ná hy in 2015 'n 13-jarige seun, wat by sy huis in Heroldsbaai oorgeslaap het, seksueel betas het.
Die saak dien voor streeklanddros, Francis Makamandela. Hankie Marx is vir die staat en Venter word deur John Gillespie verteenwoordig.
The court case against local dentist, Ian Venter, has been postponed for the umpteenth time in the George Regional Court.
Venter would have taken the stand today, Monday 14 January, in order for his sentencing to be finalized, but due to health problems the state's social worker could not attend proceedings to complete her testimony.
The court is also awaiting an outstanding report regarding the well-being of the children, from the social worker. This report was requested in October. The case was postponed to 18 February with 28 February as a buffer if proceedings are not finalized. The case serves before magistrate Francis Makamandela. Hankie Marx is for the state and Venter is represented by John Gillespie.
Lees vorige artikels:
- Venter-vonnis gaan volgende jaar voort
- Tandarts se vonnis wéér uitgestel
- Ian Venter: Vonnisverrigtinge uitgestel
- Dr Ian Venter: Vonnisoplegging begin
- Streekhofdatum vir tandarts Ian Venter
- Tandarts na streekhof vir minagting
- Tandarts se lot in April bepaal
- Dentist case progression like pulling teeth
- Venter-saak: Uitspraakdatum in 2018 vasgestel
- Opvolg: Ian Venter-saak
- Saak teen Ian Venter uitgestel
- Tandarts volgende week in hof
- Tandarts in hof oor kinder-pasiënte, kry borgtog
- Plaaslike tandarts kry borg
- Plaaslike tandarts vandag weer in hof
- Dr. Ian Venter gearresteer
- Ian Venter-saak wéér uitgestel
- Ian Venter-saak later weer in hof
- Opvolg: Tandarts ontken betasting
- Tandarts ontken betasting
- Ma van tienerseun getuig
- Tandarts-saak: Ma van slagoffer getuig
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'