Update
GEORGE NUUS - Die saak teen plaaslike tandarts, Ian Venter (45), is verlede Donderdag vir die soveelste keer in die George-landdroshof uitgestel. Hy verskyn weer op 17 November.
Venter, wat 'n vier jaar vonnis van korrektiewe toesig uitdien, is in Mei vanjaar by sy praktyk in die middedorp in hegtenis geneem op aanklag van minagting van die hof nadat dit aan die lig gekom het dat hy steeds kinders behandel.
Hy is in November 2014 gevonnis nadat hy skuldig bevind is op 'n seksklag waarby 'n minderjarige seun, toe 15 jaar oud, betrokke was.
Die staat het die uitstel versoek sodat hulle kan besluit of die saak in die distrik- of streekhof moet voortgaan. 'n Onverwante molesteringsaak teen hom gaan op 5 Desember voort in die hof vir seksuele misdrywe in Thembalethu. Die klaer is 'n minderjarige seun.
Lees vorige artikels:
- Saak teen Ian Venter uitgestel
- Tandarts volgende week in hof
- Tandarts in hof oor kinder-pasiënte, kry borgtog
- Plaaslike tandarts kry borg
- Plaaslike tandarts vandag weer in hof
- Dr. Ian Venter gearresteer
- Ian Venter-saak wéér uitgestel
- Ian Venter-saak later weer in hof
- Opvolg: Tandarts ontken betasting
- Tandarts ontken betasting
- Ma van tienerseun getuig
- Tandarts-saak: Ma van slagoffer getuig
ARTIKEL: KRISTY KOLBERG, GEORGE HERALD-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'