Update
GEORGE NUUS - Vonnisverrigtinge in die saak teen plaaslike tandarts, dr. Ian Venter, is vandag in die George-streekhof tot 8 November uitgestel omdat die staat se maatskaplikewerker weens mediese redes nie kon getuig nie.
Verrigtinge het gister begin.
Venter is op 11 April skuldig bevind op 'n aanklag van seksuele aanranding van 'n minderjarige ná hy in 2015 'n 13-jarige seun, wat by sy huis in Heroldsbaai oorgeslaap het, seksueel betas het.
Die voorvonnisverslag van die polisie se forensiese maatskaplike werker, Hayley Koen, is vandag aan die hof voorgelees.
In haar verslag, na sy die slagoffer geassesseer het, sê Koen dat die slagoffer dramatiese gedragsveranderinge toon.
"Hy is skaam oor wat met hom gebeur het. Hy het 'n baie lae selfbeeld ná die voorval. Die slagoffer is erg getraumatiseerd en bang mense vind uit hy was 'n slagoffer van 'n seksuele misdaad. Hy sukkel om te slaap en isoleer homself. Die verhouding tussen hom en sy pa is ook negatief deur die voorval beïnvloed,"het sy gesê.
Lees meer in volgende week se George Herald, asook aanlyn.
Lees vorige artikels:
- Dr Ian Venter: Vonnisoplegging begin
- Streekhofdatum vir tandarts Ian Venter
- Tandarts na streekhof vir minagting
- Tandarts se lot in April bepaal
- Dentist case progression like pulling teeth
- Venter-saak: Uitspraakdatum in 2018 vasgestel
- Opvolg: Ian Venter-saak
- Saak teen Ian Venter uitgestel
- Tandarts volgende week in hof
- Tandarts in hof oor kinder-pasiënte, kry borgtog
- Plaaslike tandarts kry borg
- Plaaslike tandarts vandag weer in hof
- Dr. Ian Venter gearresteer
- Ian Venter-saak wéér uitgestel
- Ian Venter-saak later weer in hof
- Opvolg: Tandarts ontken betasting
- Tandarts ontken betasting
- Ma van tienerseun getuig
- Tandarts-saak: Ma van slagoffer getuig
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'