Update
GEORGE NUUS - Ná byna 'n jaar van uitstelle word die plaaslike tandarts, Ian Venter, in alle waarskynlikheid môre in die George-streekhof gevonnis.
Vonnisoplegging duur al sedert 11 April 2018 toe Venter skuldig bevind is op aanklag van seksuele aanranding van 'n minderjarige ná hy in 2015 'n 13-jarige seun, wat by sy huis in Heroldsbaai oorgeslaap het, seksueel betas het.
Hy is in November 2014 ook gevonnis nadat hy skuldig bevind is op 'n seksklag waarby 'n minderjarige seun, toe 15 jaar oud, betrokke was.
In sy slotbetoë op 18 Februarie het Venter se regsverteenwoordiger, John Gillespie, korrektiewe toesig voorgestel omdat Venter sy minderjarige kinders se primêre versorger en die gesin se broodwinner is.
Staatsaanklaer, Hankie Marx, het geargumenteer dat dit reeds die tweede keer is dat Venter aan 'n seksuele aanklag, waar 'n minderjarige seun betrokke is, skuldig bevind word: "Hoeveel keer moet hy nóg skuldig bevind word voor die hof iets daadwerkliks daaraan doen?"
Lees vorige artikels:
- Vonnisdag vir tandarts kom nader
- Nóg 'n uitstel in tandarts-saak
- Venter-vonnis gaan volgende jaar voort
- Tandarts se vonnis wéér uitgestel
- Ian Venter: Vonnisverrigtinge uitgestel
- Dr Ian Venter: Vonnisoplegging begin
- Streekhofdatum vir tandarts Ian Venter
- Tandarts na streekhof vir minagting
- Tandarts se lot in April bepaal
- Dentist case progression like pulling teeth
- Venter-saak: Uitspraakdatum in 2018 vasgestel
- Opvolg: Ian Venter-saak
- Saak teen Ian Venter uitgestel
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'