Update
GEORGE NUUS - Die borgtogaansoek van die moordvedagte, Grant Robertson (33), is uitgestel tot volgende Dinsdag, 25 Februarie.
Die ondersoekbeampte in die saak kon weens mediese redes nie vandag in die hof verskyn nie.
Grant word daarvan aangekla dat hy in Julie 2019 sy meisie, Rencia Jafta (37) wreed vermoor het.
Hy is op Sondag 14 Julie in hegtenis geneem in verband met Jafta se moord.
Jafta se liggaam is op Saterdag 13 Julie onder 'n bed in Robertson se opslaanhuis in Bisonsingel, Parkdene, gevind.
Vorige artikels:
- Gemeenskapslede betoog teen moordverdagte se borgtog
- Kêrel in hof vir meisie se moord
- Moordverdagte vra nie borg nie
- Hof stampvol vir borgtogaansoek
- Parkdene in skok ná moord op ma
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'