GEORGE NUUS - Die moordverdagte, Grant Robertson (33) se verskyning in die George-landdroshof vandag, 23 Julie, was van korte duur ná hy besluit het om nie 'n borgtogaansoek te bring nie.
Hy is op Sondag 14 Julie in hegtenis geneem in verband met die moord op sy meisie, Rencia Jafta (37).
Jafta se liggaam is op Saterdag 13 Julie onder 'n bed in die verdagte se opslaanhuis in Bisonsingel, Parkdene, gevind.
Robertson sal weer op 19 September in die hof verskyn. Hy bly in aanhouding.
Lees vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'