GEORGE NUUS - Die George-landdroshof is stampvol in afwagting van die borgtogaansoek van Grant Robertson (33).
Hy is op Sondag 14 Julie in hegtenis geneem in verband met die moord op sy meisie, Rencia Jafta (37).
Jafta se liggaam is op Saterdag 13 Julie onder 'n bed in die verdagte se opslaanhuis in Bisonsingel, Parkdene, gevind.
Haar liggaam was in komberse toegedraai en sy het 'n kopwond gehad. Die vermoede bestaan dat sy met 'n stomp voorwerp aangerand is.
Lees 'n vorige artikel: Parkdene in skok ná moord op ma
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'