Update
GEORGE NUUS - Gemeenskapslede van Parkdene, vriende en familie van die oorlede Rencia Jafta (37), het vanoggend, Donderdag 20 Februarie, voor die George-landdroshof bymekaargekom en betoog teen borgtog vir die moordverdagte, Grant Robertson (33).
Robertson is op Sondag 14 Julie 2019 in hegtenis geneem in verband met Jafta se moord.
Jafta, wat in daardie stadium Robertson se meisie was, se liggaam is op Saterdag 13 Julie onder 'n bed in Robertson se opslaanhuis in Bisonsingel, Parkdene, gevind. Robertson verskyn vandag vir sy borgtogaansoek.
Onderskrif: Gemeenskapslede van Parkdene het vanoggend voor die hof bymekaargekom met plakkate. Hulle is dit eens dat Robertson nie borgtog moet kry nie.
Ander onderskrif: Rencia Jafta.
Vorige artikels:
- Kêrel in hof vir meisie se moord
- Moordverdagte vra nie borg nie
- Hof stampvol vir borgtogaansoek
- Parkdene in skok ná moord op ma
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'