Update
GEORGE NUUS - Die moordverdagte, Grant Robertson (33) het vanoggend, Donderdag 19 September, vlugtig in die George-landdroshof verskyn.
Robertson is op Sondag 14 Julie in hegtenis geneem in verband met die moord op sy meisie, Rencia Jafta (37).
Jafta se liggaam is op Saterdag 13 Julie onder 'n bed in die verdagte se opslaanhuis in Bisonsingel, Parkdene, gevind.
Robertson sal weer op 26 November in die hof verskyn ná die saak vandag vir verdere ondersoek uitgestel is.
Hy is in aanhouding sedert sy inhegtenisname na hy in Julie besluit om nie 'n borgtogaansoek te bring nie. Hy bly dus in aanhouding.
Lees vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'