Update
GEORGE NUUS - Die bedrogsaak van die voormalige portefeuljeraadslid vir behuising, Henry Jones, gaan op 31 Maart voort.
Jones het verlede week weer in die hof verskyn waar hy onder kruisverhoor was. Jones het getuig oor van die sake teen hom.
Die staatsadvokaat is Xolile Jonas en 'n prokureur van Legal Aid verteenwoordig die beskuldigde. Die landdros wat die saak aanhoor is Praglathan Govender.
Jones staar verskeie aanklagte van bedrog en 'n klag van diefstal in die gesig. Hy pleit onskuldig op al die aanklagte.
Die aanklagte spruit voort uit beweerde behuisingsbedrog wat in sy termyn as raadslid plaasgevind het. Die saak strek nou al oor verskeie jare en is telkens uitgestel weens Jones se gesondheid.
Tydens die kruisondervraging verlede Donderdag het Govender Jones daarop gewys dat hy baie korreksies in sy getuienis maak. Hy het hom gevra om die vrae direk te antwoord, sonder om af te dwaal.
Vorige artikels:
- Jones getuig oor 2 weke
- COVID-Geval vertraag Jones-saak
- Pasaangeër vertraag Jones-saak se pas
- Jones-saak vorder nou na hibernasie
- Jones case to continue in March next year
- Jones-saak begin einde Maart
- Jones-saak gaan voort in die nuwe jaar
- Henry Jones nou onder huisarres
- Jones nou onder huisarres
- Jones dalk borgtog kwyt
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'