GEORGE NUUS - Die bedrogsaak van die voormalige DA-raadslid Henry Jones, sal op Dinsdag 31 Maart in alle erns begin. Die nuwe hofdatum is Maandag in die George-streekhof beslis.
Jones word daarvan beskuldig dat hy in sy termyn as portefeuljeraadslid van behuising in die George-raad bedrog gepleeg het deur die onwettige verkoop van HOP-huise.
Hy is tans onder huisarres en sy gesondheid is, na wat verneem word, nie na wense nie.
Jones se swak gesondheid het voorheen veroorsaak dat die saak sloer. Jones is 'n diabeet, gediagnoseer met kolonkanker en het ook 'n hartkwaal. Volgens Jones het sy kanker verder versprei.
"Die dokter het gesê ek moet dit dag vir dag vat," het hy onlangs aan George Herald gesê.
Nadat sy vorige prokureur die saak afgestaan het, maak Jones van Legal Aid gebruik vir sy verdediging. Die landdros wat die saak aanhoor is Praglathan Govender, en die staatsaanklaer is adv. Xolile Jonas.
IN SHORT:
The fraud case of a former George councillor, Henry Jones, will start in earnest on Tuesday 31 March. Jones, who is currently under house arrest, is accused of fraud relating to the illegal sale of RDP houses during his term as Portfolio Councillor of Housing.
Lees vorige artikels:
- Jones-saak gaan voort in die nuwe jaar
- Henry Jones nou onder huisarres
- Jones nou onder huisarres
- Jones dalk borgtog kwyt
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'