Update
GEORGE NUUS - Oudraadslid Henry Jones se borgtog is toegestaan, maar met streng voorwaardes. Hy is sedert verlede Donderdag onder huisarres geplaas en mag slegs die hospitaal, die hof en sy nuwe regsverteenwoordiger besoek.
Jones was amper sy borgtog kwyt nadat hy versuim het om verlede Maandag, 11 November, in die George-landdroshof te verskyn.
Hierdie aksie het sy borgtog in gedrang gebring.
Hy word daarvan beskuldig dat hy in sy termyn as portefeuljeraadslid van die George-raad bedrog gepleeg het, deur die onwettige verkoop van HOP-huise.
Nadat sy vorige prokureur die saak afgestaan het gaan Jones van Legal Aid gebruik maak om sy bedrogsaak te verdedig.
Die saak is tot 29 November uitgestel om sy regsverteenwoordiger kans te gee om voor te berei.
Lees vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'