GEORGE NUUS - Oudraadslid Henry Jones verskyn eers weer volgende jaar op 3 Februarie in die George-streekhof. Jones, wat tans onder huisarres is, word daarvan beskuldig dat hy in sy termyn as portefeuljeraadslid van die George-raad bedrog gepleeg het deur die onwettige verkoop van HOP-huise.
Nadat sy vorige prokureur die saak afgestaan het, gebruik Jones 'n regsverteenwoordiger van Legal Aid om sy bedrogsaak te verdedig. Sy laaste hofverskyning was op 29 November.
Verskeie staatsgetuies, wat wag om te getuig, moes telkemale 'n dag by die hof verwyl terwyl die saak sloer. Jones se gesondheid het die saak voortdurend gekniehalter. Jones is 'n diabeet, hy is gediagnoseer met kolonkanker en het ook 'n hartkwaal.
Die landdros wat die saak aanhoor, Praglathan Govender, het by 'n vorige verskyning dit duidelik gemaak dat die hof nie verdere rompslomp gaan verduur nie. Adv. Xolile Jonas is die staatsaanklaer.
A former George councillor, Henry Jones, will again appear in the George Regional Court next year on 3 February. Jones, who is currently under house arrest, is accused of fraud relating to the illegal sale of RDP houses during his term as portfolio councillor of housing.
Lees vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'