Update
GEORGE NUUS - Die bedrogsaak van oudraadslid Henry Jones het vandeesweek in die George-landdroshof begin. Die staat se eerste getuies het Maandag en Dinsdag in die saak getuig.
Jones word daarvan beskuldig dat hy in sy termyn as portefeuljeraadslid van die George-raad bedrog gepleeg het deur die onwettige verkoop van Hop-huise. Hy is sedert verlede jaar November onder huisarres geplaas.
Eric Ntabazalila, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag, het bevestig dat die saak op 13 en 14 Mei voortgaan. "Die staat sal in alle waarskynlikheid ses tot sewe getuies roep," het Ntabazalila gesê.
Volgens Jones gaan hyself en sy voormalige lewensmaat, Christa Alaart, later vir die verdediging getuig.
Ofskoon Jones se swak gesondheid die saak voorheen laat sloer het, het hy goed vertoon tydens sy verskyning Dinsdagoggend. Jones is 'n diabeet, hy is gediagnoseer met kolonkanker en het ook 'n hartkwaal.
Hy het aan George Herald gesê hy bly positief oor die hofsaak: "Ek het oor die laaste sewe jaar geleer om positief te bly. Ek het my vyande vergewe."
Jones geniet regsverteen-woordiging van Legal Aid. Die landdros wat die saak aanhoor is Praglathan Govender, en die staatsaanklaer is adv. Xolile Jonas.
Vorige artikels:
- Jones case to continue in March next year
- Jones-saak begin einde Maart
- Jones-saak gaan voort in die nuwe jaar
- Henry Jones nou onder huisarres
- Jones nou onder huisarres
- Jones dalk borgtog kwyt
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'