GEORGE NUUS - Die bedrogsaak van oudraadslid Henry Jones sou verlede week, 8 en 9 Julie, in die George-landdroshof voortgaan, maar is uitgestel tot 19 en 20 Julie weens ontsmettingsprosedures by die hof.
Woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag, Eric Ntabazalila, het bevestig dat die hof moes sluit weens 'n Covid-19 geval.
"Jones het glad nie verskyn nie, die uitstel moes buite die hof plaasvind," het hy gesê. "Wanneer daar 'n positiewe Covid-19-geval is word die gebou gesluit vir ontsmetting."
Jones word daarvan beskuldig dat hy in sy termyn as portefeuljeraadslid van die George-raad bedrog gepleeg het deur die onwettige verkoop van hophuise. Hy is sedert verlede jaar November onder huisarres. Jones se gesondheidsprobleme het voorheen gesorg vir verskeie vertragings in die saak.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'