Update
GEORGE NUUS - Die pa en sy twee seuns wat op 30 Januarie na bewering 'n sakeman van Oudtshoorn Jannie Venter (45), by sy ingenieursfirma in die George-nywerheidsgebied aangerand en vir dood gelos het, het verlede Donderdag 8 Februarie in die George-landdroshof verskyn.
Lionel Kent (55) en sy jongste seun, Divan (27) is elk borgtog van R500 toegestaan.
Hulle staar aanklagte van poging tot moord en aanranding met die doel om ernstig te beseer, in die gesig.
Ivan (30) bly in aanhouding.
Aanklagte teen hom is onder andere poging tot moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer, roof met verswarende omstandighede, motordiefstal en roekeloos en of nalatige bestuur.
Al drie verdagtes sal weer op 26 Februarie in die hof verskyn vir Ivan se formele borgtogaansoek.
Winston Jansen van Nico Smit Prokureurs verskyn vir die drie beskuldigdes en Zukile Maqulo vir die staat.
Die saak dien voor landdros Phillip Mgwebile.
Lees vorige artikels:
- Borgtog vir pa en seun na aanranding
- Pa en seuns in hof vir aanranding
- Opvolg: Pa en seuns in hof na aanranding
- Pa en seuns vas vir poging tot moord
ARTIKEL: KRISTY KOLBERG, GEORGE HERALD-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'