GEORGE NUUS - Die Voorbereidingskool George het onlangs ’n vyf-aand-konsert aangebied waarin leerders elke aand hul verskillende items opgevoer het.
Die produksie het egter nie net op die verhoog plaasgevind nie. Agter die skerms is daar gewerk aan hare, grimering, klere en reëlings om die leerders betyds vir hul optredes gereed te kry. Onderwysers, ouers, helpers en die klankspan het saamgewerk om die program elke aand glad te laat verloop.
’n Groot aantal leerders het aan die konsert deelgeneem, wat deeglike beplanning en koördinering vereis het om die logistiek rondom die aflaai en oplaai van leerders, parkering glad te laat verloop.
Morné Prinsloo. Foto: Maryke Kruger
Vir die jong leerders het elke aand ’n geleentheid gebied om op die verhoog op te tree. Dit was ’n goeie eerste kennismaking met die verhoog en alles wat ’n optrede vereis. Hul dissipline en energie het bygedra tot ’n suksesvolle vyf-aand-vertoning.
Zihena Campher. Foto: Maryke Kruger
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’