Update
GEORGE NUUS - Die oudste van die twee Kent-broers, Ivan (30), wat met behulp van sy jonger broer, Divan, en pa, Lionel, na bewering 'n sakeman van Oudtshoorn by sy ingenieursfirma in die George-nywerheidsgebied aangerand het, het Dinsdag 27 Maart vlugtig in die George-landdroshof verskyn.
Lionel (55) en Divan (27) is in Februarie elk op borgtog van R500 vrygelaat.
Hulle staar aanklagte van poging tot moord en aanranding met die doel om ernstig te beseer, in die gesig.
Ivan is steeds in aanhouding na sy borgtogaansoek weens 'n gebrek aan tyd, nie aangehoor is nie.
Aanklagte teen hom is onder andere poging tot moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer, roof met verswarende omstandighede, motordiefstal en roekeloos en of nalatige bestuur.
Al drie verdagtes sal weer op 5 April vir Ivan se formele borgtogaansoek in die hof verskyn.
Lees vorige artikels:
- Borgtog vir pa en seuns na aanranding
- Pa en seuns in hof vir aanranding
- Opvolg: Pa en seuns in hof na aanranding
- Pa en seuns vas vir poging tot moord
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'