Deon Cilliers van Excelsior het die leeus deur buitelandse jagters laat jag en toe glo eers om permitte deur ’n leeuteler van Noordwes aansoek gedoen. Die saak sal in die Vrystaatse hooggeregshof aangehoor word, omdat die batebeslagleggingseenheid betrokke is.
Mashinini het dié antwoord gegee op ’n skriftelike vraag van Roy Jankielsohn, DA-lid, of enige mense al vervolg is in verband met die oortreding van wette op leeujag en -teel.