GEORGE NUUS - Kansa se jaarlikse Koppie vir Kansa-spogtee vind op Saterdag 14 November in die Eden-gemeente se ouditorium plaas.
Die geleentheid beloof om ’n oggend van inspirasie, musiek, dans en heerlike kuier te wees.
Susan Maree, hooforganiseerder, sê om van die geleentheid ’n sukses te maak, word ’n gasvrou vir elke tafel, met 10 gaste per tafel, benodig.
Belangstellendes wat as gasvrou wil optree of meer inligting benodig, kan Hestie Maree kontak by 083 413 1956 of [email protected].
Zantel Swanevelder by die Kansa-kantoor is ook beskikbaar by 081 010 4086 of [email protected].
Geleenthede soos hierdie help Kansa om broodnodige fondse te genereer vir die instandhouding van hul dienste.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’