GEORGE NUUS - Die vonnisoplegging van dr. Ian Venter is gister, Woensdag 6 Junie in die George-streekhof tot 19 Junie uitgestel omdat die maatskaplike verslag nog nie gereed was nie.
Venter is in April deur streeklanddros Francis Makhamandela skuldig bevind op 'n aanklag van seksuele aanranding van 'n minderjarige en sou gister gevonnis word.
Makhamandela het in haar uitspraak gesê hoewel die hof versigtig moet wees in gevalle waar 'n enkelgetuie 'n kind is, het die hof die slagoffer as 'n selfversekerde en intelligente seun, wat nie sy getuienis met venyn afgelê het nie, ervaar.
Venter is daarvan aangekla dat hy op die aand van 11 April 2015 die 13-jarige seun, wat by sy huis in Heroldsbaai oorgeslaap het, seksueel betas het. Hy het skuld ontken met die verweer dat hy nie geweet het in watter kamer die seun geslaap het nie en nie in die kamer was nie.
Lees vorige artikels:
• Tandarts se vonis nog nie omskep
• Tandarts se vorige vonnis dalk omskep
• Tandarts wéér skuldig
• Seksuele aanranding: Tandarts skuldig
• Tandarts se uitspraak Woensdag
• Streekhofdatum vir tandarts Ian Venter
• Tandarts na streekhof vir minagting
• Tandarts se lot in April bepaal
• Dentist case progression like pulling teeth
• Venter-saak: Uitspraakdatum in 2018 vasgestel
• Opvolg: Ian Venter-saak
• Saak teen Ian Venter uitgestel
‘Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus’