GEORGE NUUS - Dr. Ian Venter het Donderdag 26 April weer in die Thembalethu-streekhof verskyn vir die omskepping van sy korrektiewe toesig. Die saak is egter tot 27 Junie uitgestel omdat sy regsverteenwoordiger, John Gillespie, nie beskikbaar was nie.
Dít spruit uit sy skuldigbevinding op Woensdag 11 April in die George-streekhof. Sy skuldigbevinding in dié saak dien as bewyse dat hy sy korrektiewe voorwaardes van 'n vonnis in 2014, verbreek het.
Ná streeklanddros Francis Makamandela se uitspraak op 11 April, is Venter se borgtog tot die vonnisdatum, 6 Junie, verleng omdat hy sy kinders se primêre versorger is. 'n Voorverhoorverslag is aangevra deur Gillespie.
Venter is in September 2014 daaraan skuldig bevind dat hy in Desember 2011 seks met 'n 15-jarige seun gehad het en pornografie aan die seun gewys het.
Hy is in November daardie jaar tot vier jaar korrektiewe toesig, met streng voorwaardes, gevonnis. Een van die voorwaardes was dat hy nie verdere misdade tydens sy korrektiewe toesig mag pleeg nie.
Gedurende hierdie tydperk is Venter skuldig bevind aan seksuele aanranding van 'n minderjarige ná hy op die aand van 11 April 2015 'n 13-jarige seun, wat by sy huis in Heroldsbaai oorgeslaap het, seksueel betas het.
Hy moes nog sowat agt maande van sy vorige vonnis uitdien.Die saak dien voor streeklanddros Eugenia Jacobs en Brandon Smith is vir die staat. Jacobs was ook die landdros betrokke by Venter se vonnisoplegging in 2014.
Lees vorige artikels:
• Tandarts se vorige vonnis dalk omskep
• Tandarts wéér skuldig
• Seksuele aanranding: Tandarts skuldig
• Tandarts se uitspraak Woensdag
• Streekhofdatum vir tandarts Ian Venter
• Tandarts na streekhof vir minagting
• Tandarts se lot in April bepaal
• Dentist case progression like pulling teeth
• Venter-saak: Uitspraakdatum in 2018 vasgestel
• Opvolg: Ian Venter-saak
• Saak teen Ian Venter uitgestel
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'