GEORGE NUUS - Die plaaslike tandarts, dr. Ian Venter, wat Dinsdag in die George-streekhof gevonnis sou word, is steeds 'n vry man. Sy vonnisoplegging is in Junie ook uitgestel omdat die maatskaplike werker se verslag nog nie gereed was nie.
Dié week is dit uitgestel omdat die verdediging eers Dinsdagoggend, met sy hofverskyning, die bogenoemde verslag ontvang het en volgens sy prokureur, John Gillespie, onakkuraathede opgemerk het. Gillespie, het vir uitstel gevra omdat daar volgens hom sekere punte in die verslag is wat nie die versorging van Venter se minderjarige kinders behoorlik aanspreek nie.
Die verdediging gaan nou 'n privaat maatskaplike werker aanstel om verslag op te trek.
Die saak is finaal uitgestel tot 31 Julie.
Joanne Barret, woordvoerder van Women and Men Against Child Abuse (WMACA), het die hofverrigtinge bygewoon en hul bekommernis en ontevredenheid uitgespreek oor die hofsaak so lank sloer. "Die uitstelle maak inbreuk op die slagoffer se regte en dit is onaanvaarbaar. Die slagoffer en sy familie moet voorkeur geniet, nie Ian Venter nie."
Venter is daaraan skuldig bevind dat hy op die aand van 11 April 2015 die 13-jarige seun, wat by sy huis in Heroldsbaai oorgeslaap het, seksueel betas het.
Lees vorige artikels:
• Tandarts se vonnisoplegging uitgestel
• Tandarts se vonis nog nie omskep
• Tandarts se vorige vonnis dalk omskep
• Tandarts wéér skuldig
• Seksuele aanranding: Tandarts skuldig
• Tandarts se uitspraak Woensdag
• Streekhofdatum vir tandarts Ian Venter
• Tandarts na streekhof vir minagting
• Tandarts se lot in April bepaal
• Dentist case progression like pulling teeth
• Venter-saak: Uitspraakdatum in 2018 vasgestel
• Opvolg: Ian Venter-saak
• Saak teen Ian Venter uitgestel
‘Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus’