Vonkelvrou 2012 Ansie Swart, wat die meeste geld ingesamel het.
GEORGE NUUSFLITS - 13 vonkelvroue wat verlede jaar vir maande lank geswoeg het om geld ten bate van die Kankervereniging in te samel, se onbaatsugtige werk het vrugte afgewerp.
'n Voorlopige totaal van R180 000 is einde verlede jaar tydens die glansryke Vonkelvrou-gala-aand aangekondig, maar dit het intussen opgestoot na 'n ongelooflike R222 731.
Helen Thomas, gemeenskapsmobiliseerder van KANSA, het gesê die vroue se toewyding en die ondersteuning wat hulle van die George-gemeenskap ontvang het, maak dit vir die organisasie moontlik om gratis dienste aan die publiek in George en die Suid-Kaap/Klein-Karoo-streek te lewer.
Lees meer in volgende Donderdag se George Herald, asook aanlyn.
Posted on: 10:00 Fri, 01 February 2013
Your Comments
Confirmed Covid-19 cases in Garden Route District: