Update
GEORGE NUUS - Die pa en sy twee seuns, almal van Mosselbaai, wat daarvan aangekla word dat hulle in Januarie 'n sakeman, Jannie Venter, by sy ingenieursfirma in George aangerand het, het Donderdag 17 Mei in die George-landdroshof verskyn.
Aanvanklik sou die saak voorkom sodat daar op 'n streekhofdatum besluit kon word, maar die staat was nog nie gereed nie.
Ivan Kent (30), sy pa, Lionel (55), en sy broer Divan (27) verskyn weer op 18 Junie in die George-landdroshof waar die saak finaal uitgestel is vir 'n streekhofdatum.
Ivan het by Venter gewerk ten tyde van die aanval. Die bakleiery het na bewering weens 'n rusie oor geld ontstaan.
Lees vorige artikels:
- Kent-trio weer in hof
- Trio weer in hof vir aanranding
- Borgtog vir man na aanranding
- Man steeds in aanhouding vir aanranding
- Borgtog vir pa en seuns na aanranding
- Pa en seuns in hof vir aanranding
- Opvolg: Pa en seuns in hof na aanranding
- Pa en seuns vas vir poging tot moord
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'